Wednesday, March 19, 2014

My gedagtes

15 April kruip weer nader, sommige jare gaan dit beter as ander... hierdie jaar is weer een van die minder goeies. Soos ek ouer word verander my gedagtes en gevoelens ook.

Ek mis die plaas, ONS plaas, bome, reen en donderstorms.Ek mis die stap saam met my pa en die honde en ape na die reen, ek mis die op de stoep sit en na die reen kyk saam met my pa... meeste van alles mis ek MY PA!

Die jaar het ek so effe gaan vashaak by die wonder oor HOE my lewe sou wees as hy bly leef het daai dag. Die plaas sou nie verkoop word nie, daai is ek seker van. So ek sou seker dan nie in Swakop gebly het nou nie. Ek sou hom soveel meer jare nog kon he, by hom kon leer want hy het die wereld se geduld met my gehad en nooit sommer net n antwoord gegee net om van my ontslae te raak nie.

Ek is nie meer n kind nie maar besef as dit by my gedagtes oor hom kom ek regtig nie baie volwasse dink nie. Seker maar omdat ek daar gaan vassteek het waar ek maar net 11 jaar oud was. Hoe sou my lewe uitgedraai het? Sou ek een of ander tyd besef het hy is net n gewone mens, man? Dat hy nie alles is en was wat ek vandag nog dink hy is nie. Die verpersoonliking van die perfekte man en geen man nog by hom eers NAASTENBY kon kersvas hou in my lewe nie. Sou ek besef dat hy foute gehad het, karaktertrekke waarvan ek dalk nie veel gehou het nie? Ek glo nie, maar dis moontlik!!! Sou my maatstaf van mans anders wees?

Sou my ma langer geleef het as die skamele 63 jaar wat sy vir ons geleen was? Daarvan is ek amper dood seker ja, want sy het van dag een wat hy gesterf het tot die dag wat sy ons verlaat het konstant gese sy verlang hom en wil na hom toe gaan. Dit beteken ek sou nie op 25 sonder ouers gesit het nie, ek sou ouers he by wie ek raad kon vra, dis die ding wat ek die meeste mis, en al male sonder tel het ek gewens ek kan net vir n paar minute met hulle praat om raad te vra oor groot besluite, en probleme.

My broer, susters, sou dit hulle lewens beinvloed? Watse mense sou ons wees HOE sou ons anders wees sou hy nie 15 April 82 gesterf het nie? Maar meeste van alles, hoe sou dit my lewe anders gemaak het?

Ek weet meeste mense dink nie in soveel detail aan dit wat kon anders wees as een enkele ding in hulle lewens anders gebeur het nie, maar ek moet se ek fantaseer nie oor dievmoontlikhede hiervan  nie, ek bepeins dit, soos die Engles man se.. ek "dissect" dit... trek dit uitmekaar, bestudeer dit in die fynste detail.

Ek glo ek sou die mens wees wat ek vandag is, net ryker emotioneel en in karakter want ek sou HOM he om my te lei en begelei deur die moeilike dele.

Ek gaan Tsumeb toe hierdie naweek, ek wil grafte toe gaan, gaan skoonmaak, nie net die grafte nie maar ook my siel.

Tog as nagedagte is ek bly en voel ek geerd om sulke uitstaande mense gehad as ouers. Ek moet berus dat alles lessies en skoolgeld is, ek het n les gehad om te leer in hierdie leeftyd.

 After all life treated me kindly, I lost a lot but i didn't lost everything, I got such fond memories that I can carry with me for ever.


Life is a journey, enjoy the ride!