Saturday, December 1, 2012

Letter to honor my Mother

Hello Riana,
Ek het terloops op jou blog afgekom waar mense praat van Tsinsabis en Tsumeb en dit het so n vloed herinneringe op my neergedaal dat ek vir n lang tyd net hier gesit het en gedink, waar is almal nou, waar is daardie klomp stout seuns. Ons was ook by Tsinsabis vir n lang ruk, as ek reg onthou omtrent 7 maande. Ons het vir Tannie Pompie se stem en roepsyn leer ken en sy was vir ons n 'local Ma', wat baie dinge betref. Ek het een aand op n skerpioen getrap en die ding het my tussen die tone gesteek, ek het amper gevrek van die pyn. Toe ons engelse synertjie vir Tannie Pompie op die lyn kry vir raad se sy vir ons van die ui wat gesny moet word en tussen die tone ingedruk word. Dit was amper soos n wonderwerk, hoe die pyn skielik verminder het en ek was weer die volgende oggend uit op die kaplyn. In Januarie/Februarie 1981 was dit my en Wessels se beurt om plaas op te pas by julle einste plek. Ek het begin grieperag word n dag voor die tyd en het die kaptein naderhand iemand in my plek gestuur saam met Wessie. Intussen het ek toe begin sporadies bewussyn verloor na twee dae en weer het Tannie Pompie vorendag gekom met raad (Wessie was ons Medic, nou juis by julle op die plaas terwyl ek le en vrek op Tsintsabis) - ek het swartwater koors en moet onmiddelik hospitaal toe in SA, die prognose is reg gewees en teen die tyd dat ek in 1 Mil beland het 4 dae later was dit al amper te laat. Ek het weggeraak vir 4 weke en toe ek wakker word hoor ek dat nog n dag in Tsinsabis My laaste sou gewees het. Ek het nooit weer vir Tsintsabis gesien nie en die rumours het dik gele dat ek omgekom het in die vliegtuig. Weer moes ek dankie se vir mense soos jou Ma hulle, hulle het sowaar my lewe gered.
Sedertdien is ek weer terug SWA toe elke jaar met RNT en 61Bn van Etale tot in die Kaokoveld, vir die volgende 6 jaar. Ons het intussen familie gebou, ek het geswat en meestersgraad bereik, ons het 5 kinders wat na Tsintsabis se dae gebore is en wat nou klaar groot is en wat bou aan n nuwe land.
Met Groot Dankie aan Tannie Pompie,
Rhodesier John, Oman

No comments: