Friday, June 15, 2007

Nostalgiese brief van Ferdi


Hi Riana

Oom Daan en Tannie Pompie was so deel van 61 Meg soos almal van ons. En die van ons wat in daardie tyd deel van die bataljon was, onthou hulle met agting en respek.

Ek het heel per ongeluk op jou blog afgekom, en dit het 'n vloed van herinneringe wakker gemaak -- dinge wat ek eintlik al wou vergeet, of hard probeer het om te vergeet. Maar 'n mens kan nie, dis deel van jou... vir altyd.

Ek was saam met Hubrecht van Dalsen (het gesien hy was al in kontak met jou) en Ariel Hugo (ek het sy bydrae ook gelees) van November 1980 tot Oktober 1981 by 61 Meg. Hubrecht was saam met my (en Etienne Gilbert) die peletonbevelvoerders van Charlie kompanie en ons het onder meer aan Ops Protea deelgeneem.

Daarna het ek nog twee "kampe" saam met 61 gedoen -- einde 1982 (met Ops Meebos), en einde 1983 tot Februarie 1984 (Ops Askari).

Een van my heel eerste operasionele take (dit was in Desember 1980, as ek reg onthou) was om die kaplyne rondom Tsintsabis te patrolleer, en op pad daarheen is ons getaak om by julle plaas aan te doen (ek dink dit was om 'n spoorsnyer op te tel en voorrade af te laai).

Dit was laatmiddag en ek onthou nog die groot heinings en die antennas en 'n jong meisie onder die bome speel (waarskynlik jy). Ek onthou ook ek het baie respek gehad vir hierdie mense wat te midde van die gevaar steeds op die plaas gebly het.

Ook onthou ek hoe verbaas ek aanvanklik was om 'n vrou op die army radionetwerk te hoor, maar later het ek menige boodskappe deur Tannie Pompie laat herlei terwyl ons met kaplyn patrollie besig was.

Snaaks genoeg, ek het jou pa 'n paar keer vlugtig op Omuthiya gesien, maar nooit werklik ontmoet nie. Daaroor is ek nou nog jammer, want ek het eers einde 1982 met my eerste kamp verneem wat met hom (en die res van die Ratel bemanning) op daardie dag in April gebeur het.

Terloops, soos ek dit het, was die boer met die vliegtuig 'n Duitser (kan ook nie sy naam onthou nie) wat vir hom twee AK's onder die vlerke van sy Piper Cherokee laat aanbring het, en 'n gat onder die stuurkajuit gemaak het sodat hy handgranate daardeur kan gooi.

Ek wil jou geluk wens met jou blog. Dis 'n wonderlike manier om nagedagtenis aan twee wonderlike mense lewendig te hou, asook om herinneringe te kan deel oor 'n tydperk in ons lewens wat verreikende gevolge vir ons almal gehad het.

Sterkte
Ferdi de Vos

* Hier is n foto van die vliegtuig, Ferdie Pieterse was so oulik om dit vir my te stuur.

4 comments:

RobC said...

Hi Riana
I see you have some more great postings, my boet was also in 61 and I will be sending him your blog's url. I think he will will be glad that someone is not letting the memories fade.

Anonymous said...

Hi Robc

Thanks 4 visiting again!!
I have big plans for the blog, and will soon start to add some pictures and other memrobelia that have been kept in the family to the blog aswell.

Please do inform everyone u would like about the blog, the more feedback we get the better the blog will become.

Riana

Toffie Grové said...

Tiegli(?) Kessler was die SWA-gebiedsmagte MAJOOR wat oorlog gemaak het met sy CESSNA!!

.....Later in daai Cessna dood in 'n vliegongeluk!

Anonymous said...

Die "boer met die Vliegtuig", majoor Tiegli Kessler het met 'n bruin Piper Cherokee gevlieg - ek het in 1982 as 'n lid van die Koevoet Groep ZT vir 'n paar dae saam met hom gevlieg vanaf Eenhana om as "spotter" vir die Koevoet spanne op die grond op te tree. My vriend Frans Claasen was saam met hom in die vliegtuig toe hy dood is. Frans is 'n paar dae na die ongeluk dood in Pretoria aan sy wonde van die ongeluk - ek het Frans in die hospitaal besoek net voor hy dood is.
Paul J Murphy
Oud lid ZT OPS K